SUKSESPROJEK VALSKERMBATALJON VERHALE BOEK 1 EN NUUTSTE INLIGTING BOEK 2
- 3 days ago
- 7 min read
Updated: 1 day ago
DEEL ASSEBLIEF HIERDIE OPENBARE DOKUMENT

DIT WAS MET GROOT TROTS EN DANKBAARHEID DAT ONS DIE "VALSKERMBATALJON VERHALE"- BOEK
IN 2025 AANGEKONDIG EN UITGEGEE HET.
WAT IS SO BESONDERS OMTRENT DIE BOEK?
Hoewel daar reeds verskeie publikasies oor die Valskermbataljon van 1961 tot 1993 bestaan, is die meeste geskryf vanuit persoonlike perspektiewe of navorsing. Hierdie boek versamel vir die eerste keer eerstehandse stories van verskeie valskermsoldate – manne wat self onder vuur was, wat hul lewens op die spel geplaas het, en die realiteit van oorlog, opoffering en kameraadskap, eerstehands ervaar het.
Die boek gee 'n realistiese en eerlike blik op die lewe van 'n Valskermsoldaat, soos vertel deur hulle wat dit beleef het.
Elke verhaal bring 'n unieke perspektief en is 'n kosbare bydrae tot ons militêre geskiedenis.
ONTSTAAN VAN DIE BOEK:
Die idee vir die boek is geïnisieer deur Mnr. Willem Jacobus (Lieb) Liebenberg (Alpha Kompanie 1977-1978),
lid van die staande mag tussen 1976 en 1983.
Sy doel was drieledig:
Om elke valskermsoldaat die geleentheid te gee om sy unieke storie te vertel.
Om, saam met Mnr. Mike Bolhuis (Charlie Kompanie 1979), nuwe entoesiasme en betrokkenheid onder Valskermbataljon-veterane aan te wakker.
Om broodnodige fondse in te samel vir die Parabat-in-Need Fund (Valskermsoldaat-in-Nood Fonds).
Mnr. Bolhuis het ingestem en het die nodige logistieke infrastruktuur geskep.
Hy het na 'n intensiewe ondersoek vir die mees geskikte uitgewer, kontak gemaak met Mnr. Johan Coetzee van Naledi Uitgewers, self 'n oud-Parabat van 1972.
Mnr. Coetzee het onmiddellik ingestem om die boek uit te gee.
BOEKBEKENDSTELLING:
Ons het op 19 Julie 2025 die Valskermbataljon Verhale boek vrygestel by die Vrystaat Kunstefees saam met Naledi Uitgewers en dit was ’n reuse suskses gewees.
Die verkope van die eerste boek het alle verwagtinge oortref en by elke geleentheid of fees waar daar boekgesprekke gehou is, het die boeke almal uitverkoop.
Die boek was ook teen Oktober 2025 vierde op die Netwerk24 se Nie-Fiksie lys gewees.
Die boek is tans onder die top 3 verkopers in Suid Afrika.
Na die Vrystaat Kunstefees het ons verskeie ander boekbesprekings gehad onderandere by Aardklop, die Prins Albert Leesfees, die Stellenbosch Woordfees.
Ons het ook verskeie radio en TV onderhoude gehad wat ook bygedra het tot die sukses van die boek.
Mnr. Bolhuis het persoonlik alle koste gedra vir reis en verblyf na feeste en boekgesprekke, asook vir TV- en radio-onderhoude wat nie deur die organiseerders gedek is nie, om sodoende die eerste boek se bekendstelling en bemarking te ondersteun.
Die SSS-span was ook verantwoordelik vir die projekte administrasie en die digitale en elktroniese verwerking.
PROJEKDEELNEMERS:
Lieb Lieberberg - Inisieerder: Lieb_liebenberg2007@yahoo.com
Mike Bolhuis - Samesteller & Assistent: mike@mikebolhuis.co.za
Tertia Swart - Verkope & Administrasie: tertia@naledi.co.za
Eugenie Wiggins - Taalversorger: ewiggins1955@gmail.com
Hannes Visser - Samesteller & Redigeerder: info@kersligmedia.co.za
Johan Coetzee - Uitgewer:naledi@mweb.co.za
SSS Emma Labuschagne - Adminastratiewe Assistent: mike@mikebolhuis.co.za
SSS Wesley Vos - Digitale & Elektroniese Verwerking & Kommunikasies: wesleyv@mikebolhuis.co.za
SSS Isabel Spies - Projek Bestuurder: mike@mikebolhuis.co.za
Die GROOT ontbyt - GROOTFM 90.5
11 Augustus 2025

Goeiemôre, Good Morning
21 July 2025
LitNet Kanaal
Kwêla DSTV Kanaal 144
5 Oktober 2025
Aardklop 2025 - Valskermbataljon Verhale (Boekbespreking)
📸 Foto’s van die Aardklop-geleentheid kan hieronder gesien en afgelaai word:
GrootFM 90.5 4 Augustus 2025
Radio KC 107.7 4 Augustus 2025
BOEKVERKOPE EN FONDSINSAMELING:
Vir elke boek wat spesifiek aangekoop was by Naledi Uitgewers, het Naledi Uitgewers, R50.00 aan die Parabat-in-Need Fund geskenk.
Daar was 3,200 boeke gedruk, waarvan 2,800 eksemplare deur verskillende kanale verkoop is.
Naledi het reeds ‘n bedrag van R6,150.00 aan The Parabat in need fund oorbetaal (123 x R50.00 wat op Naledi se webtuiste verkoop is), op 16 Januarie 2026.
Hierdie fonds is beskikbaar om vir enige valskermsoldaat, wie in uiterse nood is te kan help.
Daar is egter streng protokol in plek wat gevolg moet word om aansoek te doen vir hulp vanuit die fonds, die fondse word uiters professioneel bestuur.
Bestudeer gerus deeglik die onderstaande dokument rakende die Valskermsoldaat-in-Nood Fonds projek:
BOEK 2
Ons het reeds met die bekendstelling van die eerste boek genoem
dat daar 'n Boek 2 gaan wees.
Ons is reeds in die beplanningstadium van die tweede boek en ons het al oor die 40 stories ontvang,
maar benodig nog heelwat stories.
Ons nooi elke oud Valskermsoldaat uit om sy storie van sy ervaring of gebeurtenis
vir ons deur te stuur.
Ons beplan om die jaar tussen 30 en 40 boekgesprekke/onderhoude te doen by feeste en op TV en radio.
Ons het reeds besluit dat ons die eerste boek nog steeds soveel soos die tweede boek gaan promoveer,
juis omdat beide boeke deel is van ’n reeks.
HIERMEE DIE RIGLYNE VIR DIE STORIES:
ONS MIKPUNT IS WEER VIR +- 80 KORTVERHALE.
Ons nooi alle springgekwalifiseerdes (Valskermsoldate/Spesmagte) hartlik uit om julle stories ook te skryf.
Ons versoek ook die eggenote, weduwees, naaste familie-lede, vriende en almal wat tans betrokke is of was by ons valskermsoldate, om ook hulle herinneringe of weergawes deur te stuur.
VOLG DIE VOLGENDE UITERS BELANGRIKE STAPPE:
Elke skrywer moet die volgende inligting saam met sy/haar storie instuur:
Naam en Van.
Selfoonnommer.
Eposadres.
Jaar van inname, Kompanie en kwalifikasies.
Dui die jaar van jou storie/voorval aan.
Waar het jou storie gebeur.
Stuur fotos in aparte folders, met die nodige verduidelikings en byskrifte of betrokke name.
Enige foto’s moet as oorspronklik gestuur word, of andersins in die beste moontlike gehalte beskikbaar.
Indien hulp benodig word of daar enige navrae aangaande is, kontak asb vir Mnr. Wesley Vos.
Oorspronklike foto’s sal met die grootste sorg hanteer, veilig bewaar en ná gebruik aan die eienaars terugbesorg word.
Foto’s wat van ander foto’s afgeneem is (byvoorbeeld met ’n selfoon) kan ongelukkig nie aanvaar word nie, aangesien die beeldkwaliteit gewoonlik nie voldoende is vir publikasie nie.
Stuur alle stories in Word-formaat.
Die woordtelling moet nie meer as 2500 woorde per storie wees nie.
Alle stories word aan die Uitgewer voorgelê vir 'n moontlike opname.
Neem asseblief kennis dat ons uiters dankbaar is vir alle stories wat ontvang word.
Dit beteken egter nie noodwendig dat elke bydrae in Boek 2 opgeneem sal kan word nie.
Stories wat nie vir hierdie boek gekies word nie, kan wel vir oorweging vir toekomstige boeke in die reeks gebruik word.
Alle stories en fotos moet asseblief soos volg gestuur word:
Vir Aandag: Me. Emma Labuschagne
Administratiewe Kantoor
Eposadres: mike@mikebolhuis.co.za
FENOMINALE NUUS:
QR-kodes sal ingevoeg word wat met jou selfoon geskandeer kan word om toegang te kry tot vorige en huidige video’s, klankbane en onderhoude.
Definisie: 'n QR-kode (afgekort van Quick Response) is 'n tweedimensionale matriksstaafkode wat vinnig deur slimfone en skandeerders gelees kan word om inligting, soos webwerfskakels, teks of kontakbesonderhede, te ontsluit.
FEESTE:
KKNK (KLEIN KAROO NASIONALE KUNSTEFEES):
28 Maart - 2 April 2026
Ons is verheug om bekend te maak dat ons as spesiale gaste genooi is om by dié jaar se KKNK-fees in Oudtshoorn
’n boekbespreking te fasiliteer en ’n toespraak te lewer oor Boek 1 en Boek 2.
U word hartlik uitgenooi om saam met ons die geleentheid by te woon.
Kol. (Eer) Raymond Kramer gaan ook kom gesels oor die Projek:
Operasie Herstel Die Glorie.
Dit sal handel oor die suksvolle, afgehandelde restorasie van die "Aapkas" en ander kern gedenkwaardighede.
’n Gedetailleerde projekverslag oor die uitstekende werk wat gedoen is met die restorasie van die “Aapkas” sal binnekort volg.
OPVOLG BOEKGESPREKKE:
Klerksdorp Boekfees, Klerksdorp: 6 Junie 2026 @ 12:00
Innibos, Nelspruit: 2 Julie 2026 @ 12:00.
Vrystaat Kunstefees, Bloemfontein: 10 Julie @ 12:00.
Kalfiefees, Hermanus: 5 Augustus @ 18:00.
NEEM KENNIS:
Mnr. Bolhuis sal persoonlik weer alle onkostes dek wat aangegaan word vir reis en verblyf na alle feeste, boekgesprekke,
TV en Radio onderhoude, wat nie deur die organiseerders betaal word vir Boek 2 nie. Die SSS-span sal weereens verantwoordelik wees vir die projekte administrasie en
die digitale en elektroniese verwerking en kommunikasies rakende alle aspekte van Boek 2.
DANKBETUIGING:
Ons spreek ons dank en waardering uit teenoor alle partye betrokke wat ons tot dusver ondersteun het met
die vrystelling en verkope van die eerste boek en gehelp het om dit ’n reuse sukses te maak.
By voorbaat bedank ons ook diegene wat reeds betrokke is en gaan wees by Boek 2.
Ons betuig al ons lof, dank en eer aan die Here, ons God, vir Sy veiligheid, sekerheid, wysheid,
insig, krag, voorspoed, gesondheid en onderskeidingsvermoë wat op hierdie projek gerus het en nog steeds rus.
In en deur Hom sal ons ook susksesvol wees met die vrystelling van die tweede boek.
ENGLISH VERSION:
Specialised Security Services invites the public to the Mike Bolhuis Daily Projects WhatsApp Channel.
This channel is important in delivering insights into the latest crime trends, awareness, warnings and the exposure of criminals.
How to Join the WhatsApp Channel:
1. Make sure you have the latest version of WhatsApp on your device.
2. Click on the link below to join the Mike Bolhuis Daily Projects WhatsApp Channel:
3. Follow the prompts to join the channel.
4. Make sure you click on "Follow", then click on the "bell"-icon (🔔)
CONTACT MR MIKE BOLHUIS FOR SAFETY AND SECURITY MEASURES, PROTECTION, OR AN INVESTIGATION IF NEEDED.
ALL INFORMATION RECEIVED WILL BE TREATED IN THE STRICTEST CONFIDENTIALITY AND EVERY IDENTITY WILL BE PROTECTED.
Regards,
Mike Bolhuis
Specialist Investigators into
Serious Violent, Serious Economic Crimes & Serious Cybercrimes
PSIRA Reg. 1590364/421949
Mobile: +27 82 447 6116
E-mail: mike@mikebolhuis.co.za
Fax: 086 585 4924
Follow us on Facebook to view our projects -
EXTREMELY IMPORTANT: All potential clients need to be aware that owing to the nature of our work as specialist investigators there are people who have been caught on the wrong side of the law - who are trying to discredit me - Mike Bolhuis and my organisation Specialised Security Services - to get themselves off the hook. This retaliation happens on social media and creates doubt about our integrity and ability. Doubt created on social media platforms is both unwarranted and untrue. We strongly recommend that you make up your minds concerning me and our organisation only after considering all the factual information - to the exclusion of hearsay and assumptions. Furthermore, you are welcome to address your concerns directly with me should you still be unsatisfied with your conclusions. While the internet provides a lot of valuable information, it is also a platform that distributes a lot of false information. The distribution of false information, fake news, slander and hate speech constitutes a crime that can be prosecuted by law. Your own research discretion and discernment are imperative when choosing what and what not to believe.
STANDARD RULES APPLY: Upon appointment, we require a formal mandate with detailed instructions. Please take note that should you not make use of our services – you may not under any circumstance use my name or the name of my organisation as a means to achieve whatever end.
POPI ACT 4 of 2013 South Africa: Mike Bolhuis' "Specialised Security Services" falls under Section 6 of the act. Read more here: https://mikebh.link/fntdpv
SSS TASK TEAM:

Copyright © 2015- PRESENT | Mike Bolhuis Specialised Security Services | All rights reserved.
Our mailing address is:
Mike Bolhuis Specialised Security Services
PO Box 15075 Lynn East
Pretoria, Gauteng 0039
South Africa
Add us to your address book
THIS PUBLIC DOCUMENT WAS INTENDED TO BE SHARED, PLEASE DO SO.




